Bestuur en Toesighoudingspos Beskikbaar
Huishoudelike Bestuurder
Die suksesvolle kandidaat moet oor ’n wettige bestuurslisensie en eie vervoer beskik. Die verantwoordelikhede sluit in die algehele bestuur van ’n huis waar tot 15 meervoudig- gestremde kinders permanent inwoon en sluit ook die bestuur van personeel sowel as die verrigting van algemene administratiewe take in.
Vereistes:
– Ervaring van die versorging van persone met spesiale behoeftes
– Ervaring van personeelbestuur
– Rekenaarvaardig
– Bestuurslisensie
– Eie vervoer wenslik
– Goeie mense-verhoudinge
– Samewerking in spanverband
– Neem inisiatief
– Bereid om fleksie-tyd te werk
– Reël en vergesel kinders na hospitaal/kliniek besoeke
– Bewys van Covid-19 inenting
– Nie-roker
– Lojaal
– Eerlik
– Aanpasbaar by veranderende omstandighede
Administrasie:
– Skofroosters
– Registers
– Voorraadbeheer
– Korrespondensie
– Veiligheid
– Monitering van kameras
– Rekordhouding van skenkings
– Bedankings aan donateurs
Bestuur:
– Personeel
– Wasgoed
– Skoonmaakdienste
– Kinders: algemene welstand en gesondheid insluitend persoonlike behoeftes, klere, toiletware ens.
– Bestuur van begroting
Werksure: – 8 ure per dag (etenstyd uitgesluit)
Besoldiging – R7 000/maand
Stuur ’n volledige CV met verwysings na: recruit@asd.org.za
Sluitingsdatum: 9 Mei 2022
Indien u geen terugvoer binne 14 dae na aansoek ontvang nie, beskou dan u aansoek as onsuksesvol.